Muisklas (3 Maande - 12 Maande)
In ons muisklas beskik ons oor ‘n 1:3 ratio. Hier fokus ons op tonne liefde en aandag vir ons babas in ñ sonnige ruim huislike omgewing. In die klas leer en speel ons. Babas word deurentyd gemonitor en aantekeninge word in baba se boekie gemaak sodat Mamma en Pappa ten alle tye weet wat by die skool gebeur het.
Padda klas (1 Jaar - 2 Jaar)
Hier begin ons leer inkleur, plak en verf. Ons volg ‘n speel-en- leer program wat spesiaal ontwerp is vir hul ouderdom. Ons begin ook maatjies toilet roetine aanleer. Die Padda's beskik ook oor hul eie speelgrond met genoegsame klimapperate weg vanaf die groter maatjies af.
Bytjie klas (3 Jaar - 4 Jaar)
Hier gee ons aandag aan ons woelige kleuters om hul gereed te kry vir gr.RR. Ons volg ñ informele leer program wat ons kleuters deurentyd stimuleer. Ons fokus ook op fyn en grootmotoriese ontwikkeling sodat elke kleuter optimaal kan ontwikkel.
Wiking Klas (Graad R)
CAPS onderrig word toegepas onder leiding van ons gekwalifiseerde en vaardige fasiliteerders. Hier leer kleuters op ñ meer formele maar tog intressante manier nuwe vaardighede aan om hul skool gereed te kry.