Logo-2
header13
Klein Wikings Kleuterskool is ‘n skool met Christelike waardes geleë in die rustige en veilige buurt van Valhala, Centurion. Sedert ons bestaan in 2009 bied ons dagsorg dienste vir babas vanaf drie maande tot en met kleuters van vyf jaar. Ons beskik ook oor ‘n naskool en huiswerk sentrum waar hulp en ondersteuning aan laerskool leerders verleen word. Daar heers ‘n huislike gevoel onder die personeel en kleuters daarom voel hul altyd tuis en veilig onder die leiding van ons liefdevolle en toegewyde personeel.
Ons klasse is toegerus met die nodige opvoedkundige speelgoed en klasse word op ‘n intressante maar informele wyse aangebied sodat elke kleuter hul volle potensiaal liggaamlik sowel as emosioneel kan ontwikkel.

Ons speelgronde is kleutervriendelik en toegerus met genoegsame klimapperaat om ons Wikings se groot motoriese vaardighede te ontwikkel.

Gesonde eetgewoontes is belangrik vir die optimale fisieke en kognitiewe ontwikkeling van u kleuter daarom bied ons daagliks gesonde versnapperings en ‘n gebalanseerde ete aan.

U is welkom om ons enige tyd te kom besoek gedurende skoolure. Kom kyk gerus hoekom jou kleinding ‘n Wiking moet wees. Hier by Klein Wikings is elke maatjie nommer een.